Ek is Lynette du Plessis, 'n ervare onderwyseres in Afrikaans en Engels vir laer- en hoërskoolleerlinge in S.A., sowel as Engels in Abu Dhabi.
Ek besef hoe belangrik dit vir kinders is om in kontak met Oupa, Ouma en familie in Suid-Afrika te bly. Ek help graag met lesse wat fokus op kommunikasie. Om in Afrikaans te kan kommunikeer help om ’n dieper en meer betekenisvolle band te behou. Ek bied ook ondersteuning met Engelse kommunikasie- en/of taalvaardighede. Selfvertroue in Engels sal kinders help om makliker aan te pas in hulle nuwe skole, aktief in die klas deel te neem en nuwe vriende te maak. Ek is geduldig, bemoedigend en ten volle toegewyd om my studente te help om Afrikaans/Engels te bemeester. Elke student is vir my belangrik en ek wil graag sien dat hy/sy se selfvertroue groei en dat hulle gelukkig is. Sedert 2023 bied ek aanlyn lesse in Afrikaans en Engels aan vir kinders en volwassenes in verskillende dele van die wêreld. My lesse is visueel, interaktief en sorgvuldig aangepas by elkeen se belangstellings, vlak, behoeftes en doelwitte. Ek bied ook buigsame lesure aan. Lesse is 45 minute lank, een keer per week, en my lesse is pret! Ondersteuning vir volwassenes: Ek kan help om jou Engelse kommunikasievaardighede te verbeter en sodoende jou "Engelse reis" suksesvol en stresvry te maak. Ek kan ook help met die voorbereiding vir IELTS en onderhoude. Ek sien daarna uit om van jou te hoor en enige vrae wat jy mag hê, te beantwoord.
SACE (South African Council for Educators)
Department van Onderwys • 1979
HOD (Hoër Onderwys Diploma)
Universiteit van Stellenbosch • 1978
BA
Universiteit van Stellenbosch • 1977
Nog geen resensies nie