Ervare onderwyseres met uitgebreide ervaring in die begeleiding en ondersteuning van leerders met leeruitdagings.
Ek is ’n ervare en toegewyde opvoeder met 22 jaar se ondervinding in tuisskool, gewone skool en aanlyn skoolonderrig. Deur die jare het ek met leerders van verskillende ouderdomme en vermoëns gewerk, en ek verstaan dat elke kind uniek leer. Ek het uitgebreide ondervinding met kinders wat leerprobleme ervaar, asook leerders wat neurodivergent is. Ek benader elke leerder met geduld, empatie en ’n praktiese strategie om leer hindernisse stap vir stap te oorkom. My lesse is gestruktureerd maar aanpasbaar, sodat dit by elke leerder se vlak, tempo en leerstyl pas. Ek fokus daarop om nie net akademiese vordering te bevorder nie, maar ook selfvertroue en ’n positiewe ingesteldheid teenoor leer te ontwikkel. Ek woon tans in Nieu-Seeland en bied aanlyn Afrikaans-onderrig aan leerders wat persoonlike aandag en doelgerigte ondersteuning benodig.
Nog geen resensies nie