Entoesiastiese linguis mal oor enigiets wat met tale te doen het, baie lief vir kinders en ywerige onderwyser
Ek het 3 Baccalareus grade, in Regte, Bedryfsielkunde en isiZulu en Honneurs in isiZulu en algemene linguistiek. Ek het gewerk vir 3 jaar as staatsaanklaer en landdros, na my Honneurs graad het ek 5 jaar lank klasgegee in isiZulu. Daarna het ek gewerk as sekretaresse en kantoorbestuurder by 'n prokureursfirma en as sekretaresse en skakelbeampte by die Potchefstroom Besigheidsassosiasie. Ek het my eie eiendomsagentskap gehad en suksesvol bedryf. Daarna het ek 11 jaar as administratiewe assistent en dataverwerker by die Navorsingsinstituut vir Industriële Farmasie gewerk. Daar het ek ook met die kontrakte gewerk waar my kennis van tale goed gepas gekom het. Ek het van graad 6 tot matriek Duits gehad. Ek het steeds 'n basiese kennis van Duits. Behalwe vir isiZulu het ek ook Frans 2 met onderskeiding deurgekom. Ek het 5 jaar as tutor gewerk in Afrikaans en Engels met kinders graad 4 tot graad 9 gewerk. Ek glo elke mens, en ook elke kind, is uniek en ek pas my onderrigstyl by elke kind se styl aan, daarom verkies ek een tot een klasse. Ek gee aanlyn en kontakklasse.
TEFL 40 uur
TEFL Hero • 2025
B Iuris
PU vir CHO • 1983
B Artium
PU vir CHO • 1990
BA Honneurs
PU vir CHO • 1991
Onderwyser en leerling leer ken mekaar se besonderhede en ons besluit wat die leerling se behoeftes is. Hierin sal ons name en vanne, land waarin leerling bly, tale wat leerling kan praat en onderwerpe waarvan leerling meer wil weet. bestudeer. Dis die eerste les. Ons sal tussen 30-45 minute besig wees. Die eerste les is gratis.
Nog geen resensies nie
Betaal per individuele les
Beste waarde
RecruitZA neem 15% kommissie
TEFL 120 uur
Universal • 2025