Afrikaans is Pret! Kom leer saam met my.
Hallo! Ek is 'n passievolle onderwyseres wat glo dat leer lekker en betekenisvol moet wees. Ek het 'n groot liefde vir onderwys en veral tale. Ek geniet dit om kinders Afrikaans te leer, want ek self weet hoe uitdagend dit kan wees om 'n nuwe taal aan te leer en daarby aan te pas. Daarom skep ek 'n veilige, vriendelike en speelse leeromgewing waar kinders selfvetroue kan bou en op hul eie tempo kan groei. My lesse is vol pret, interaktief en aangepas by elke kind se behoeftes. Ek help nie net met taalvaardighede nie, maar bou ook 'n liefde vir Afrikaans wat lank hou. As jy opsoek is na iemand wat geduldig, entoesiasties en toegewyd is om jou kind te help floreer- dan is jy op die regte plek!
Hierdie les handel oor om jouself voor te stel, met basiese inligting soos wat jou naam is, jou ouderdom en waar jy vandaan kom.
Hierdie les handel oor hoe 'n kind se dag verloop.
Nog geen resensies nie
Hierdie les handel oor 4 diere en die geluide wat hulle maak.